Soet Sonde
By Soet Sonde spesialiseer ons in die maak van brookies, koekiestafies, blondies en soveel meer ~ alles met passie en die beste bestanddele. Elke happie is nie net ’n smaakervaring nie, dis ’n reis van geure wat jou siel sal verwarm.

Brookies
’n Brookie is die perfekte kombinasie van ’n brownie en ’n koekie — sag en sjokoladerig aan die onderkant, met ’n heerlik bros koekie-laag bo-op. Dis dubbel die lekker in elke happie!

Blondies
’n Blondie is die “vanielje-susie” van die brownie: bottersag, goudbruin en vol karamel- en vanieljegeure. Minder sjokolade, meer warm, botterige bederfie.

Koekiestafies
’n Koekiestafie is ’n dik, chewy stafie gemaak van koekiedeeg en heelwat sjokolade- of koekie-stukkies. Dis soos ’n koekie — net lekkerder, digter en baie meer lekkerder.


van elke soort
-
Kinder Nutty Kanarie
Vier sondige lae van genot: taai sjokolade-chip koekiedeeg, ’n smeulende laag Nutella, gesmelte Kinder Bueno wat verlei, en ’n fudgy brownie-top wat alles afrond. Neuterig, stout, en hemels lekker — een happie en jy bely jou soet sondes met ’n glimlag. Gewig: Ongeveer 210g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Dikbek Dassie
Vier lae van onbeskofte bederf: sjokolade-chip koekiedeeg, taai Rolos, fudgy brownie, en krakerige Oreos bo-op. Dis heerlik oortredend en een happie sal nooit genoeg wees nie. Gewig: Ongeveer 210g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Karamel Konyntjie Droom
Soet, sag en skelm: sjokolade-chip koekiedeeg, ‘n dik laag smeltende Caramellos en ’n gladde brownie bo-op. Dis dromerig, stout en gevaarlik lekker – net een happie en jy sal in ‘n liefdes-affêre met die stout konyntjie wees. Gewig: Ongeveer 210g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Karamelkoei
Dik, dekadent en vol drama: sjokolade-chip koekiedeeg met taai Bar One stukkies, oorstroom met soutkaramel en afgerond met nóg Bar Ones op ’n fudgy brownie. Hierdie Karamelkoei smelt jou weg in haar verleiding en laat jou heeltemal hulpeloos. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Smelt Muis
Vier skandelike klewerige lae pret: taai sjokolade-chip koekiedeeg, smeltende Dairy Milk sjokolade, geroosterde malvalekkers en ’n sondige fudgy brownie laag. Hierdie Smelt Muis is morsig, verleidelik en pure bederf op steroids. Gewig: Ongeveer 210g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Karamolletjie
Moenie hierdie Karramolletjie onderskat nie. Vier lae van bederf: botterige sjokolade-chip koekiedeeg, knapperige Twix stafies, druppende soutkaramel en ’n fudgy brownie. Dis stout, stroperig, verslawend en sy smelt jou wilskrag in ’n oogwink. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
-
Melkmol
’n Romerige Milkybar blondie vol witsjokolade en Oreo-stukkies, met nóg Oreo bo-oor. Sy’s melkig, morsig en verleidelik lekker. Soet sonde op sy beste. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Karamel Kwartel
’n Romerige witsjokolade blondie met gesmelte Whispers, soutkaramel in die middel en nóg Whispers bo-op. Dis sag, sout-soet en skelm verleidelik – sy verlei jou reguit in versoeking. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Krummelmonstertjie
’n Sagte blondie vol witsjokolade, Oreos en sjokolade chips, met mini koekies binne en sjokolade chaos bo-op. Dis morsig, mal en verslawend — dié monstertjie is hier vir maksimum bederf! Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
-
Roomwelpie
Roomwelpie Koekie Stafie, Taai koekiedeeg is vol romerige Milkybar-stukkies en gladde witsjokoladeskyfies — ’n dromerige kombinasie wat op jou tong spin voordat dit jou wilskrag aanval. Jy kán probeer om te weerstaan… maar hoekom sou jy? Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Eierliefie
Eierliefie Koekie Stafie, ’n Taai koekdeeg vol kleurvolle gespikkelde eiers en romerige witsjokolade… liefde met die eerste happie wat gevaarlik lekker is. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Kattekwaad
’n Stout Koekie Stafie, taai bederf vol Kit Kat-stukkies en romerige sjokolade wat jou sommer vinnig laat vergeet van al die reëls. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Swartskapie
Swartskapie Koekie Stafie, Donker, dekadent en propvol Oreo-stukkies en sjokolade… die heerlike rebel wat altyd die lekkerste moeilikheid veroorsaak. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Soet Lammetjie
Soet Lammetjie Koekie Stafie, Sag, soet en vol Kinder-sjokolade en witsjokoladeskyfies… ’n onskuldige bederf met ’n stout kant wat jou direk in versoeking lei. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie -
Blitsige Bok
Blitsige Bok Koekie Stafie, ’n Taai koekdeeg vol Bar One-stukkies, sjokoladeskyfies en ’n weelderige Nutella-middel wat jou vinnig in versoeking lei. Gewig: Ongeveer 160g per blokkie 👉 Allergie & Bestandele Informasie
Laat Ons Jou Dag Soeter Maak. Die perfekte boksie wag vir jou!
Kies, Kombineer & Geniet














