Soet Sonde

Vir Die Innerlike Kind In Ons Almal

Kies Jou Soet Sonde

Lig, chewy en verslawend lekker

Pure Genot

Soet Sonde

By Soet Sonde spesialiseer ons in die maak van Brookies, Koekiestafies en Blondies.  Als gemaak met passie en net die beste bestandele. Elke happie is nie net ‘n smaakervaring nie, dis ‘n reis van geure wat jou siel warm maak.

‘n Brookie is die perfekte kombinasie van ‘n brownie en ‘n koekie. Dis sag en sjokeladerig aan die bokant, met ‘n heerlike bros koekielaag onder.  Dis dubbel die lekker!

‘n Blondie is die vanilje-sussie van die brownie:  Bottersag, goudbruin en vol karamel-en vaniljegeure.  Minder sjokolade, meer warm, botterige bederfie.

‘n Koekiestafie is a dik ‘chewy’ stafie gemaak van koekiedeeg met heelwat sjokolade en/of koekiestukkies.  Dis soos ‘n koekie, net meer dig en lekkerder!

Welkom in die wêreld van soet liefde en bederf

Ek is Corlize Koorsen, die hart en hande agter Soet Sonde. Elke keer as ek my kombuis instap, bak ek met passie, liefde en net die beste bestanddele. Van brookies en blondies tot koekiestafies en meer, word elke lekkerny met sorg en ’n stukkie van my hart gemaak. By Soet Sonde is elke happie meer as net soet.  Dis ’n smaakervaring wat jou sal laat smag vir meer.

Hoe klink Soet Sonde

Vir jou volgende partyjie of funksie

Dit sal vir ons ‘n eer wees om ons soet bederfies met almal te deel.  Ons sal jou graag kwoteer op jul spesifieke behoeftes.

Shopping Cart
Scroll to Top